KYK: Pasiënt dood, geen personeel in Covid-19-saal

Deel hierdie storie / Share this story

Skaars vyf uur na ‘n video wat ‘n man van De Aar geneem het van ‘n leë Covid-19-saal waar sy pa, ‘n pasiënt by die hospitaal, sonder teenwoordigheid van mediese personeel in ‘n hospitaalbed gelê het, is sy pa dood.

Anthony van Syfer het Saterdagoggend om 07:50 ‘n video geneem van sy pa, Willie van Syfer (57) wat, sonder enige personeel van die hospitaal teenwoordig, in in die Covid-19-saal van die hospitaal in ‘n bed lê.

Volgens Anthony kon sy pa niks vir homself doen nie en is dié video geneem ongeveer ‘n uur ná die hospitaalpersoneel se skof om 07:00 begin het.

Kyk hier na die video.

Sy pa is om 14:00 oorlede.

Die nagpersoneel het om ongeveer 07:15 vir Anthony gesê dat hulle vervoer vir hulle wag en dat hulle nie meer by die hospitaal kon bly nie.

Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het gesê hulle beskou die video in ‘n baie ernstige lig en ondersoek hulle die voorval. – Netwerk24

Lees ook: Jacob Zuma se dringende aansoek vandag in Pietermaritzburg-hof

Lees ook: Kaapstad-oorstromings raak 6 000 inwoners

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.