Man in hegtenis wat beroofde vriende buite aandklokreël help

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Man (25) wat buite die aandklokreël sy vriende wat beroof is, probeer help het, is Saterdag in hegtenis geneem omdat hy buite die aandklokreël op straat was. Dit nadat hy vriende gaan help het wat langs die pad beroof is.

LEES OOK: Toebroodjie met ’n verrassing

Beroof voor aandklokreël eindig

Die vriende se kar het glo omstreeks 19:30 in die middel van Durban gebreek waarna hulle van hulle besittings beroof is. Die man is deur sy vriende gekontak en het onmiddellik in sy kar gespring om hulle te gaan help.

Volgens The South African het die polisie die twee mans afgetrek en in hegtenis geneem nadat die vrou, wat beroof was, veilig by die huis afgelaai is. Die polisie wou glo geen verskonings hoor nie en wou ook nie na die voertuig, wat steeds langs die pad gestaan het, gaan nie.

Onskuldig bevind

Die barmhartige Samaritaan het sy baas gebel, wat meer as bereid was om te verduidelik wat gebeur het en ook ’n prokureur betaal het om te help.

“Indien hy skuldig bevind was, sou dit beteken sy hele toekoms in finansiële dienste is op ’n einde, dit oor so iets kleins.”

Gelukkig het alles ten goede uitgedraai toe die hof die barmhartige Samaritaan Maandag binne vyf minute onskuldig bevind het.

LEES OOK: Pastoor en ouma in hegtenis vir gereëlde huwelik van 15-jarige

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.