RUSTENBURG. – ‘n Toebroodjie met ‘n verrassing het een man sy lewe gekos. Unita Hendrietta Green (51), ’n ouma van drie, is op 4 Mei 2001 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op haar kêrel, Gert van Rensburg (57).
LEES OOK: Vermiste vrou glo deur kêrel vermoor
Alles gaan goed sonder voggies…
Unita en Gert het sowat vyf jaar saam gebly en dit het meeste van die tyd goed gegaan, behalwe vir die kere as Gert gedrink het. Dan het hy haar verkleineer, beledig, geflankeer met ander en selfs ’n keer sy hande vir haar gelig. Sy was moeg vir sy gedrinkery asook die gedrag wat daarmee gepaard gegaan het.
Toebroodjie met ‘n verrassing vir honger Gert
Op 23 Februarie 2000 het Unita vir Gert gehelp om ’n geslagte vark te bewerk, toe hy vir haar sê hy is honger. Sy besluit toe om hom so ietwat “skrik” te maak en strooi toe ’n bietjie rottegif op sy toebroodjie. Sy wou hom nie doodmaak nie, net siek, sodat hy kon ophou drink.
Die gif was ongelukkig genoeg en Gert sterf om middernag in die bed langs haar. Sy het sy liggaam op ’n kombers gesleep tot in die kombuis en in die vrieskas gebêre tot die Maandag.
LEES OOK: Pastoor en ouma in hegtenis vir gereëlde huwelik van 15-jarige
Alles wil nie brand nie
Unita het die Maandagoggend die liggaam uit die vrieskas uit verwyder na buite waar sy petrol daaroor gegooi het en dit aan die brand gesteek het. Dit het nie gewerk volgens plan nie, want van sy liggaamsdele soos die kop wou nie veras nie. Unita het die dele wat nie wou brand nie afgekap en daarvan in die veld gaan gooi.
Snuffelhonde moes later die oorskot uitsnuffel nadat Unita met aanwysings gehelp het.
Green het in die hof beweer sy wou nie vir Gert doodmaak nie. Sy het ook na die moord vergeefs probeer selfdood pleeg.
Gaan lees gerus meer oor Unita se verhaal, sowel as ander dodelike vrouens se verhale in Chris Karsten se boek Dodelike Vroue.



