Alhoewel niemand beseer, vermis of dood is nie, is sowat 6 000 inwoners van Kaapstad geraak deur die oorstromings wat die laaste tyd deur swaar reën veroorsaak is.
So sê Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.
“Die ontwrigting van stormwater- en vloedbestuurstelsels wat deur onwettige grondbesetters veroorsaak word, is ‘n groot bekommernis. Sulke optrede het gelei tot nabye paaie en formele voorstede wat ook oorspoel het.”
Die stormweer van verlede week het tot meer as 13 padongelukke in Kaapstad, kragonderbrekings en oorstromings gelei. Paaie het in gebiede soos Bellville, Ottery, Athlone, Woodstock, Plattekloof en Panorama oorstroom.
Lees ook: Joernalis by Nkandla aangerand, gewurg
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



