Jacob Zuma se dringende aansoek vandag in Pietermaritzburg-hof
Oudpres. Jacob Zuma se regsspan bring om 11:30 vanoggend ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg.
Die nasionale polisiekommissaris en die minister van polisie het intussen die konstitusionele hof skriftelik daarvan in kennis gestel dat hulle oudpresident Jacob Zuma nie in hegtenis sal neem tot alle hofaansoeke oor sy skuldigbevinding en vonnis nie aangehoor is nie.
Jacob Zuma is Dinsdag in die konstitusionele hof skuldig bevind aan minagting van die hof en is tot 15 maande tronkstraf gevonnis.



