Boer Soek ‘n Vrou-paartjie sê dit is verby

Deel hierdie storie / Share this story

Die gewilde paartjie wat op die 13de seisoen van Boer Soek ‘n Vrou liefde gevind het, was baie kyers se gunsteling. Die twee het saam begin sing oor die liefde, maar wie sou ooit kon raai dat hulle paaie so vinnig sou skei?

Boer Richann Brussow (30) en René de Klerk (26) het die nuus ekslusief aan Huisgenoot bekendgemaak. Richann en René was vir amper agt maande saam toe die nuus met die bekende realiteitsprogram se aanhangers gedeel is. Die twee vertel aan Huisgenoot via ‘n Microsoft Teams-onderhoud hulle het hulle verhouding al op 6 Junie beëindig.

Boer soek ‘n Vrou-paartjie is nie kwaad vir mekaar nie

Uit die onderhoud kan daar afgelei word hulle twee se menings oor ‘n verhouding verskil. René vertel sy neem verhoudings baie ernstig op. Sy voel wanneer mens besluit om met iemand in ‘n verhouding te wees, moet jy toegewyd aan daardie persoon wees. Volgens boer Richann moet mens eers toegewyd wees die dag wanneer jy trou.

Hulle vertel verder aan Huisgenoot dat hulle nie kwaad vir mekaar is nie. Hulle sê nie een van hulle het iets verkeerd gedoen nie en hulle is nie spyt oor die verhouding wat hulle gehad het nie. Alhoewel hulle saam ‘n musiekloopbaan begin het as Reën, gaan dit nie eindig nie. Hulle sê hulle gaan van nou af net professioneel saamwerk.

Nie Rene of Richann het al die nuus op hulle sosialemediablaaie gedeel nie.

LEES OOK: Veloorplanting vir 7 maande oue baba na fratsongeluk met haardroër

LEES OOK: Suretha Brits bly in aanhouding na sy man glo laat vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.