**WAARSKUWING: Foto in artikel kan sensitiewe lesers ontstel.**
MARLOTHPARK. – ’n Man se skouer is deur ’n bobbejaan oopgeskeur. Max de Kock was verlede Sondag in sy huis besig toe hy ’n rumoer in die kombuis gehoor het.
LEES OOK: ‘Gedierte’ wat op Koopmansfontein doodgemaak is, is fopnuus
Bobbejaan in kombuis
Hy vertel aan Middelburg Observer hy het gaan kyk wat aangaan en ’n bobbejaanmannetjie in sy kombuis aangetref.
“Die voordeur het oopgestaan en toe hy my gewaar, het hy deur se kant toe beweeg, my aan my been geklap en uitgehardloop.”
Bobbejaan byt
De Kock het die vrugte wat die bobbejaan rondgegooi het begin optel en na buite gegaan om te kyk of hy pad gevat het. Dit is toe wat die bobbejaan op hom spring en hom aan die skouer byt.
De Kock het die bloed probeer stop en is na die kliniek toe, maar die kliniek was gesluit. Daar is met hom van daar per ambulans na die Mediclinic Nelspruit gehaas.
Ontslaan
De Kock was alleen by die huis en sê hy was erg geskok, maar bly dat dit nie erger was nie.
Sy arm is toegewerk, hy het die nodige inspuiting gekry en is later ontslaan.

LEES OOK: Man in hegtenis wat beroofde vriende buite aandklokreël help
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



