Dieetpille voel vir baie soos die regte antwoord wanneer hulle met ekstra gewig sukkel. Meeste, indien nie alle dieetpille nie, het slegte newe-effekte wat mense nie van bewus is voordat hulle dit begin gebruik nie. Wanneer mens desperaat is, sal jy enigiets op die mark gebruik solank dit werk en is jy soms geneig om nie te bekommerd te wees oor watter effek dit op jou liggaam sal hê nie.
Wanneer jy ’n advertensie sien wat beweer dat hulle produk 100% natuurlik en 100% veilig is, kan jy maar weet om eers die newe-effekte te gaan opsoek. Newe-effekte sal van produk tot produk verskil.
LEES OOK: Man in hegtenis wat beroofde vriende buite aandklokreël help
Algemene newe-effekte wat in meeste dieetpille en middels voorkom
- Stimulerende middels kan lei tot slapeloosheid, verhoogde bloeddruk, vinnige hartklop, rusteloosheid, dwelmafhanklikheid, misbruik en onttrekkingsimptome;
- Geneesmiddels wat vetabsorpsie belemmer, kan lei tot olierige vel, gas en sagte stoelgang;
- Ander middels kan dikwels newe-effekte op die maag veroorsaak, soos diarree, maagkrampe, naarheid, braking, sooibrand of hardlywigheid;
- Dieetpille wat neuro-oordragstowwe in die brein beïnvloed, kan gekoppel word aan hoofpyn, droë mond en duiseligheid, sowel as naarheid, braking en hardlywigheid.
Newe-effekte om na op te let:
- Verhoogde bloeddruk en hartklop
- Slapeloosheid (slaapprobleme)
- Senuweeagtigheid
- Versteurde visie
- Rusteloosheid
- Hoofpyn
- Angs
- Depressie
- Buierigheid
- Gevoelloosheid of tinteling van die vel
- Abnormale smaak in die mond
- Moegheid
- Hartkloppings
- Jeuk
- Geel vel of oë (tekens van lewersiekte)
- Bleek of teerkleurige stoelgang (tekens van lewersiekte)
- Bruin gekleurde urine (tekens van lewersiekte)
Die beste en gesondste manier om gewig te verloor, is om minder kalorieë per dag in te neem en om gereeld te oefen.
LEES OOK: ‘Gedierte’ wat op Koopmansfontein doodgemaak is, is fopnuus



