Die Delta-variant: Wat jy moet weet

Deel hierdie storie / Share this story

Daar word tans nog inligting ingewin oor hoe die Delta-variant in Suid-Afrika optree, maar wat ons sover weet, is dat wanneer jy die variant van die virus onder lede het, jy onder andere ‘n loopneus het.

Navorsing dui daarop dat die Delta-variant tot twee keer meer aansteeklik is as ander variante van die virus.

Die algemeenste simptome van dié variant is kopseer, seerkeel, loopneus en nies.

Die koors en verlies aan reuk en smaak is minder prominent met dié variant en daarom besef mense nie dadelik dat hulle die virus onderlede het nie.

Die Delta-variant van die koronavirus speel nou ‘n groot rol in die derde vlaag van virusinfeksies in die land.

Lees meer hier.

Lees ook: Jong ma en ongebore baba sterf aan Covid-19

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.