Paniek het vanoggend inwoners van Barkly-Wes sowel as Kimberley beetgepak toe ’n vreesaanjaende storie van ’n “gedierte” wat glo net buite Koopmansfontein doodgemaak is, soos ‘n veldbrand versprei het.
LEES OOK: Pastoor en ouma in hegtenis vir gereëlde huwelik van 15-jarige
“Gedierte” eintlik uit film
Die storie, wat gepaard gaan met ’n video van die “gedierte” en stemboodskappe is egter fopnuus en die video kom uit ’n Portugese flim, Lobisomem Morto a Tiros.
Die video en stemboodskappe is wyd en syd op WhatsApp gedeel en het bygelowige inwoners die vrees op die lyf gejaag.
Inwoners beweer dit het op Koopmansfontein gebeur
’n Inwoner van Kimberley, wat anoniem wil bly, het aan FiND iT gesê hy het vanoggend in die taxi gehoor hoe almal oor die storie praat. “Ek het gehoor hoe almal praat van die tokkelossie wat doodgemaak is. Ek het die video gesien. Mense sê dit is op Koopmansfontein doodgemaak.”
’n Inwoner van Roodepan het aan FiND iT gesê sy het weer gisteraand gehoor dit het in Roodepan gebeur.
Video doen ook in Nigerië die rondte
Volgens die stemboodskap wat saam met die video rondgestuur word, beweer ’n onbekende man die gedierte was op die treinspoor, besig om iets te eet, toe dit geskiet is. Daar was glo verskeie mense op die toneel.
Die oorsprong van die video en die stemboodskap kon nie geverifieer word nie en is moontlik net aangestuur om paniek te saai. Dieselfde storie het ’n rukkie gelede in Nigerië die rondte gedoen.
LEES OOK: Man in hegtenis wat beroofde vriende buite aandklokreël help
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



