KWAZULU-NATAL. – Twee vermeende rowers wat glo die eienaar van ‘n wit Nissan NP 200-bakkie doodgeskiet het, is in hegtenis geneem nadat hulle teen ‘n reaksievoertuig gebots het.
Die Reaction Unit South Africa (RUSA) het op die R102 van Tongaat in die rigting van Verulam gery toe die Nissan NP 200 wat gejaag het teen hul reaksievoertuig gebots het. Die insittendes van die bakkie het glo uit die voertuig gespring en in bosse ingevlug.
Rowers kruip glo in bosse weg
Verskeie beamptes net die verdagtes te voet het die bosse agternagesit. Die agtervolging het daartoe gelei dat twee individue aangekeer is.
Albei mans was na bewering bedwelm tydens ondervraging. Hulle is aan die Tongaat-polisie oorhandig. Die passasier is aanvanklik vrygelaat terwyl die bestuurder aangekla is omdat hy glo onder die invloed van drank bestuur het. Die polisie was in daardie stadium nog nie oor die beweerde kaping wat ‘n man se lewe geëis het, bewus nie.
Die polisie het later verneem van die moord en kaping wat in Maphumulo plaasgevind het en die verdagte in aanhouding met die voorval verbind.
LEES OOK: Suretha Brits bly in aanhouding na sy man glo laat vermoor
LEES OOK: Veloorplanting vir 7 maande oue baba na fratsongeluk met haardroër
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



