Verdagte skiet glo mense omdat hy ‘nie mag saam kuier nie’

Verdagte skiet glo mense omdat hy ‘nie mag saam kuier nie’

Verdagte skiet glo mense omdat hy ‘nie mag saam kuier nie’ Foto: verskaf, SAPS

MTHONTSASA – Die polisie is op soek na ‘n 35-jarige manlike verdagte, Mxolisi Skosana, ook bekend as Ngobe, in verband met ‘n dubbele moord op 6 Junie 2021 in Ngubengcuka-lokasie op Mthontsasa.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer Ngobe het daarop aangedring om by die slagoffers en sy vriende aan te sluit terwyl hulle in hul erf gesit en kuier het.

“Toe hulle na bewering weier, het hy glo op hulle begin skiet en van die toneel gevlug. Die beseerdes is daarna na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese hulp en is met hul aankoms dood verklaar.”

Die hof het ‘n lasbrief vir Skosana se inhegtenisneming uitgereik. Lede van die gemeenskap word gewaarsku om nie die verdagte te nader nie, aangesien hy glo gewapen, gevaarlik en ‘n bedreiging vir die samelewing is.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte, om die Mthontsasa-polisie by 08600 10111 of Xhela by 082 565 4 272 te kontak.

LEES OOK: KYK! Klant slaan ‘dief’ wat vrou se besittings in restaurant probeer steel

LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.