JOUBERTINA – Die polisie vra die gemeenskap se hulp om ‘n man, Mongezi de Wee (20), op te spoor wat uit die Joubertina-hofselle ontsnap het.
Volgens Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, staan die beskuldigde tereg op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die voorval het na bewering in Junie plaasgevind.
Enige persoon met inligting oor waar die verdagte is, moet die naaste polisiekantoor of SAPD se misdaadstopnommer 08600 10111 bel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
LEES OOK: KYK! Klant slaan ‘dief’ wat vrou se besittings in restaurant probeer steel
LEES OOK: Baba se gesig tydens noodkeiser oopgesny, familie wil regstappe neem
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



