GAUTENG. – ‘n Klant in ‘n restaurant het vinnig gedink en ‘n vermeende rower wat ‘n vrou se besittings probeer steel het met een hou van sy voete af geslaan. CCTV-beeldmateriaal daaroor word op sosiale media gedeel.
Die video begin waar verskeie mense in ‘n restaurant in Florida, Wes-Rand, sit en gesels en ontspan. Daar kom dan ‘n man in die restaurant ingestap. Hy staan ‘n rukkie rond voordat hy vinnig na die tafel naaste aan hom hardloop en ‘n vrou se besittings op die tafel gryp.
Die vermeende rower hardloop na die uitgang, maar word deur ‘n man in ‘n groen top gekeer. Die man slaan die voortvlugtige ‘n hou wat hom van sy voete af dwing. Ander vrywilligers kom dan nader en stoei met hom en pen hom op die vloer vas.
LEES OOK: Baba se gesig tydens noodkeiser oopgesny, familie wil regstappe neem
LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



