PASOP: vals boodskap oor inperking bevat pornografie

Deel hierdie storie / Share this story

Mense word gewaarsku om nie die vals boodskap oor die land wat na vlak-4 en vlak-5 van inperking beweeg, oop te maak nie. Die boodskap bevat ‘n pornografiese foto.

Die boodskap begin met die woorde: ”Die hele land skuif Vrydagaand om 00:00 weer na vlak-4 soos wat die gevalle toeneem, met Gauteng, Wes- en Oos-Kaap wat vanaf Saterdag 26 Junie na vlak-5 skuif.”

Onderaan die boodskap is daar twee skakels. Die eerste skakel neem jou na die Suid-Afrikaanse regering se hoof nuus. Die tweede skakel neem jou na ‘n pornografiese foto. Mense word gevra om nie op die skakel te klik nie. Indien jy die boodskap ontvang, verwyder dit dadelik.

LEES OOK: Baba se gesig tydens noodkeiser oopgesny, familie wil regstappe neem

LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.