MINNEAPOLIS. – Die voormalige Minneapolis-polisiebeampte Derek Chauvin is tot 22 en ‘n halwe jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op George Floyd.
Die 45-jarige Chauvin is in hegtenis geneem na hy op 25 Mei 2020 vir 9 en ‘n half minute sy knie op Floyd se nek gehou het. ‘n Hof het bevind hierdie optrede het tot Floyd se dood gelei.
Dié voorval het die BlackLivesMatter-veldtog regoor die wêreld laat vlamvat.
Chauvin kan binne 15 jaar op parool vrygelaat word vir goeie gedrag.



