POTCHEFSTROOM – Die half naakte liggaam van ‘n meisie (7) het die polisie gelei tot die inhegtenisneming van ‘n 51-jarige man op aanklag van die ontvoering en moord op die dogter van sy eks-meisie.
Dit volg nadat die half naakte liggaam van Keitumetse Tumelo (7) in die bosse op Letlhabile gevind is. Die liggaam het sigbare kopbeserings gehad.
“Volgens inligting is die meisie laas op Dinsdag 22 Junie gesien waar sy uit ‘n taxi geklim het. Sy het egter nie by die huis aangekom nie. Haar ma het oral met die hulp van bure na haar gesoek. Die ma het toe die meisie as vermis by die polisie gaan aanmeld,” sê kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder.
‘n Ondersoeke deur die polisie het gelei tot die ondervraging en die daaropvolgende inhegtenisneming van die voormalige kêrel van die slagoffer se ma. ‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die meisie se dood bepaal.
‘n Bykomende verkragtingsklag kan by die aanklagte gevoeg word na die nadoodse ondersoek se uitslag bekendgemaak is.
Die verdagte sal na verwagting op Dinsdag 29 Junie in die landdroshof op Brits verskyn.
LEES OOK: Baba se gesig tydens noodkeiser oopgesny, familie wil regstappe neem
LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



