JAN KEMP. – Die Jan Kemp-verkragter, Isaac Fortuin (38), is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy slafoffer by ‘n taverne geteiken het.
“Op 16 Mei 2019 is die vroulike slagoffer (24) in ‘n taverne op Jan Kempdorp deur die beskuldigde, wat haar gedwing het om na sy huis te gaan, aangerand. Fortuin het die slagoffer ook met ‘n mes gedreig en haar verskeie kere by sy huis verkrag,” sê kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder.
Fortuin is later in hegtenis geneem en is tot 25 jaar tronkstraf in die Jan Kempdorp-streekhof gevonnis.
LEES OOK: Baba se gesig tydens noodkeiser oopgesny, familie wil regstappe neem
LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



