KAAPSTAD. – Die liggame van drie mans, tussen 20 en 25 jaar oud, is vanoggend in Samora Machel, elk met een skietwond in die kop, gevind.
Die liggame is vanoggend 06:30 gevind. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ‘n aktiveringsplan van 72 uur geïmplementeer ná die ontdekking van die liggame. Die tydperk sal gebruik word om vas te stel hoe en wie die mans vermoor het.
Volgens Traut sal die Wes-Kaapse polisie sal die saak verder ondersoek.
LEES OOK: KYK! Klant slaan ‘dief’ wat vrou se besittings in restaurant probeer steel
LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



