PIET RETIEF. – Die vier verdagtes wat vandag in die hof verskyn het ná die dood van twee vermeende werksoekers op ‘n plaas in die Mkhondo-omgewing, sal tot 19 April in aanhouding bly.
So sê kol. Donald Mdhuli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga.
Lees ook: Baba se handjie geamputeer ná probleme by staatshospitaal
FiND iT het voorheen berig Orchard Klingenberg (53), Danie Malan (39), Cornelius Greyling (25), and Ignatius Steinberg (31) is in hegtenis geneem na daar Vrydag ‘n skietery op die plaas uitgebreek het.
Twee aanklagte van moord en ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, word ondersoek.
Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel en die verdagtes sal na verwagting formeel om borgtog aansoek doen tydens hul volgende hofverskyning.
Lees ook: Man deel sy geboortefoto’s om trans-geboortes te normaliseer



