Wildeklawer, gesetel op n plaas 50km buite Kimberley in die distrik Barkly-Wes, is tans op soek na ‘n SENIOR REKENMEESTER.
Die suksesvolle applikant sal aan die Finansiële Bestuurder rapporteer en sal onder andere verantwoordelik wees vir die volgende:
- Administratiewe- en Rekeningkundige funksies
- Loon administrasie
- Kleinkas administrasie
- Debiteure
- Krediteure
- Voorbereiding van rekeningkundige werk met betrekking tot finansiële state & opstel van finansiële state
- Voltooi en indiening van inkomstebelasting & BTW opgawes
- Skakeling met Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Beantwoord van navrae en indiening van besware )
- Interne oudit ondersoeke
- Voorbereiding van maandelikse rapporteringspakke
- Begrotings
- Bestuur van bedryfskontroles
- Vaste bate bestuur
- Alle ander ad hoc-administratiewe take wat met die posisie verband hou
Die volgende is ’n voorvereiste vir die pos:
- ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie – BCommRek met voltooide klerkskap
- ‘n CA kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien
- 2 tot 3 jaar relevante ervaring
- Deeglike administratiewe- en syfer-vaardighede
- Uitstekende rekenaar vaardighede(Excel) – Moet werklik bo-gemiddeld wees
- Tweetalig en goeie interpersoonlike- en kommunikasie-vaardighede
- Kennis van E-filing en Easy-file (SARS).
- Kennis met die opstel van finansiele state
- Kennis van BTW en lnkomstebelasting
Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Stuur CV aan:
e-pos: [email protected]
Navrae: Theresa Lategan
Telefoonnommer: 053 531 9725
Sluitingsdatum: 30 April 2021



