POSTMASBURG. – ROCKET HEMS is vandag hier na ’n ongeluk op ’n myn gestuur.
LEES OOK: Seun steek homself voor ma aan brand
Een pasiënt, met ernstige beserings, is met ROCKET HEMS-lugambulans na die hospitaal vervoer.
Warren van der Weide was die vlieënier. Vandre van Vuuren en Etienne van der Merwe was die paramedici. Daniel Kuipers het die versending gedoen.
’n Spesiale dank aan die lughawebestuur op Tommy’s Field, asook die brandweer vir die hulp van ROCKET HEMS met brandstof.
ER24 het bygestaan.
ROCKET HEMS is 24/7 beskikbaar vir enige helikopter-lugambulansiedienste. Kontak ROCKET HEMS by 0860-FLIGHT / 0860354448.
LEES OOK: Pastoor sê vroue moet maer en mooi bly sodat mans nie moet rondloop nie



