Kyk: Beweerde brandstigting by Durbanse skool

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN, KZN. – ’n Brand het Dinsdagaand rondom 20:00 by die Sekondêre Skool Phoenix in Durban uitgebreek. Nooddienste het bevestig dat die brand skade aan die biblioteek en administrasiegeboue aangerig het.

Gemeenskapslede het na bewering twee verdagtes oor die skoolmuur sien spring kort nadat die brand vlamgevat het.

’n Groot hoeveelheid handboeke en skryfbehoeftes wat in die gebou was, is vernietig.

Mbali Frazer, KZN se LUR vir Onderwys, het gesê die klasse het gelukkig geen skade gekry nie, dus sal die leerders kan skoolgaan. Sy het bevestig dat die departement van onderwys hulp sal bied en die skool ten opsigte van leermateriaal en -hulpbronne sal ondersteun.

Die brand het met die aanvang van die 2024- akademiese jaar uitgebreek. Talle ouers en leerders is Woensdag by die skool weggewys. Daar is nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.

Kyk hier na die video’s van die voorval:

Bronne: East Coast Radio, IOL, Se-Ann Rall: Twitter-blad