DURBAN, KZN. – Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderveiligheid en seksuele misdrywe in Durban vra die gemeenskap se hulp om ’n buitelander genaamd, Esker Williams, op te spoor.
Daar word geglo dat Williams van hulp kan wees met inligting oor ’n beweerde verkragtingsvoorval wat op 21 Oktober 2023 plaasgevind het.
Volgens berigte is ’n meisie (14) op daardie dag glo na ’n woonstel in Umhlanga Rocks gelok waar sy na bewering deur ’n man verkrag is.
Enigiemand met inligting oor waar Esker Williams hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, speurkonstabel M.P. Dlani, by 079 812 0486 te kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Bronne: SAPD, Se-Ann Rall Facebook-blad.



