Reeds 20 mense dood in Ladysmith-kitsvloed

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Reeds 20 mense het hulle lewens verloor tydens die kitsvloed wat Ladysmith op Oukersaand getref het.

IPSS Search and Rescue sê die soektog na oorlewendes het eers omstreeks 02:00 die oggend op ‘n klein skaal deur die polisie begin. Addisionele hulpmiddele is aangevra. Die span van IPSS S & R was binne twee uur op die pad om ondersteuning te bied. Tyd saam met families is sonder om te dink ingeboet om diegene wat in die vloed vermis geraak het, te soek.

Die soek-en-reddinspanne soek sedertdien onverpoosd na die vermiste persone deur ‘n gebied van modder, opdrifsels en riviere. Addisionele hulp is van die polisie, munisipaliteit en brandweerdepartemente en privaat instansies ontvang. Ongeveer 60 soek-en reddingspersone met 12 honde het daagliks kilometers deursoek om afsluiting aan families te bring.

Van die vermiste vloedslagoffers is deur die spanne gevind. Die dodetal staan tans reeds op 20 en nog persone word vermis.

IPSS Search and Rescue bedank hulle span wat vir ‘n week sonder onderbreking gesoek het voordat hulle huiswaarts gekeer het.

Voorts is die Al-Imdaad Foundation vir ondersteuning bedank, asook besighede op Ladysmith wat maaltye en akkommodasie verskaf het.

“Our condolences are with those who have lost loved ones and entire families. Our thoughts are with those who have loved ones still missing, and we hope that rescuers can bring closure to your families.”

Die soektog duur nog steeds voort.

Bron: IPSS Search and Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel