Passasiers teen wal af toe bakkie rol

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Verskeie passasiers is beseer toe die bakkie waarop hulle was vanoggend op die N2 naby Mvoti gerol en hulle uitgeval en teen ‘n wal af gewerp is.

IPSS Medical Rescue, IPSS Search and Rescue en KDM-brandweerdepartement het matig tot kritiek beseerdes met ‘n tousisteem van die wal af tot in die pad gehys het.

Beheer is na bewering oor die volgelaaide bakkie verloor waarna dit verskeie kere gerol het. Die passasiers wat op die agterkant van die bakkie was, is met die momentum van die ongeluk teen die wal af gegooi.

Beseerdes is deur IPSS Medial Rescue, EMRS en ander privaat dienste op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese hulp na nabygeleë fasiliteite vervoer is.

Bron: IPSS Medical Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel