Seun (7) verdrink op Oujaarsdag

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (7) het op Oujaarsdag verdrink toe hy deur die Enemberivier in Sundumbili meegesleur is.

IPSS Search and Rescue het saam met die brandweer ‘n soektog geloods en daarin geslaag om die seun se liggaam uit die rivier te haal.

Die liggaam is aan die polisie op die toneel oorhandig.

IPSS Search and Rescue waarsku teen die oorsteek van riviere by laagliggende brûe en plekke waar daar nie brûe is nie.

Bron: IPSS Search and Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel