Man deur familie dood in woonstel aangetref

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Deon Nigrini se liggaam is Vrydagaand deur familie in sy woonstel gevind.

Volgens die sosialemediaplasing van Ronel Nigrini het hy veelvuldige messteekwonde gehad en vermoed hulle hy het reeds op 26 Desember gesterf.

Medelye met sy afsterwe het op haar plasing ingestroom.

FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.

Lees haar volledige plasing hier onder:

Liefste Deon Nigrini hoe gaan ons een voet voor die ander gesit kry sonder jou in ons lewens?!

Ons het gisteraand op Deon se lyk afgekom in sy woonstel. Hy is herhaaldelik met n mes gesteek.

Ons is verslae en sukkel nog om alles te verwerk 😭

Ons vermoed dit het al die 26ste Des. gebeur!!!

Bron: Ronel Nigrini

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel