Kleuter wat aan druiwekorrel verstik kritiek

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleuter (4) van Ballito is kritiek nadat die kind gister aan ‘n druiwekorrel verstik het. Die druiwekorrel het die kind se lugpyp blokkeer.

Janus van Schalkwyk van Medi Response sê paramedici het hulle na die kind gehaas, maar die kind het nie reageer nie.

Medi Response en Lenmed se gevorderde lewensondersteunende paramedici het die obstruksie (druiwekorrel) verwyder en KPR toegepas. Die kleuter is volgens Van Schalkwyk met haas op ‘n ventilator geplaas. KPR wat toegepas is, was suksesvol.

Die kleuter is vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë pediatriese spesialishospitaal vervoer.

“Although the child’s condition remains critical, we want to express our heartfelt support to the family during this challenging time.”

Van Schalkwyk versoek almal om noodnommers ten alle tye byderhand te hê.

Bron: Medi Response

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel