KWAZULU-NATAL. – Die liggame van ses persone is gevind en vermoedelik nog 11 word gesoek toe ‘n massiewe storm ‘n kitsvloed in die Ladysmith-area by Bell’s Spruit en Kliprivier veroorsaak het.
IPSS Search & Rescue sê die storm het Sondagaand getref. Die plaaslike DBV en karavaanpark is oorspoel en verskeie voertuie is deur water weggevoer.
Ladysmith-polisie se K9 soek-en-reddingslid met sy opsporingshond het onverpoosd gewerk om die ses liggame te vind. Die soektog is tot die volgende dag uitgestel omdat die lid en sy hond uitgeput was en hulle vir meer hulp gewag het.
Daar word vermoedelik nog 11 persone vermis.
IPSS Search and Rescue het vier lede en twee voertuie beskikbaar gestel om die polisie in die soektog by te staan. Addisionele lede is op bystand om ontplooi te word indien nodig.
Al die diere is gevind en aan die DBV oorhandig.
“Our partners, Al-Imdaad Foundation will be providing aid to those affected by these floods.”
Bron: IPSS Search and Rescue
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



