KWAZULU-NATAL. – ‘n Ma en dogter is in ‘n voertuig waarin hulle gesterf het, gevind. Hulle voertuig is deur die Msunduzirivier naby Henley-dam in Pietermaritzburg meegesleur.
IPSS Search and Rescue is gisteraand van die voorval ingelig, maar moes vanweë swaar reën en swak beligting die soektog na vanoggend uitstel.
Die voertuig is vanoggend deur die SANW en gemeenskap uit die rivier getrek.
Die liggame van die ma en dogter is binne-in die voertuig gevind. ‘n Soektog na die vermiste man is steeds aan die gang.

Bron: IPSS Search and Rescue
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



