Laerskoolleerders leer bande omruil

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Primêre Skool Pinelands North het ‘n paar dae gelede ‘n sosialemediaplasing gemaak oor hoe leerlinge lewensvaardighede aanleer.

Die skool sê in die plasing gr. 6-leerders het geleer hoe om ‘n motorband om te ruil. Die plasing het behoorlik reaksie en kommentaar uitgelok en is reeds meer as 500 keer gedeel.

Dink jy as ouer kinders moet meer sulke tipe vaardighede aangeleer word of net normale skoolvakke leer?

Met ‘n besoek aan die skool se sosialemediablad kan gesien word leerders word aangemoedig om wat hulle in die klas leer, deur praktiese ervaring te versterk.

Chantal van der Vent het in kommentaar op die plasing gesê: “Awesome. Now that is what is called a place to learn a place to grow. Next financial literacy skills. Budgeting. Saving. Entrepreneurship. Teach them young to think like bosses and not working class only.”

Bron: Pinelands North Primary School

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel