Bejaarde man stabiel na swerm bye hom takel

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde man (74) is gistermiddag net voor 14:00 deur ‘n swerm bye aangeval waar hy in Torwoodstraat in Hayfields gestap het. Hy het veelvuldige bysteke aan sy kop, gesig, bors, arms en bene opgedoen en moes stabiliseer word.

Mi7 National Group sê om die man te stabiliseer moes paramedici gevorderde lewensondersteunende intervensie toepas. Hy is daarna vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

Volgens getuies het die man gestap toe die swerm bye hom aanval. Hy het probeer vlug, maar die bye het hom gevolg en herhaaldelik gesteek.

Om aan die bye te ontsnap, het hy in ‘n stroom water gespring. Omstanders het hom bygestaan totdat paramedici opgedaag het.

Bron: Mi7 National Group

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel