Kleuter wat in mangat val, dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Skyler Salie (2) is Saterdagoggend dood nadat sy in ‘n mangat naby die hoek van Voortrekkerstraat en 18de Laan in Kensington geval het.

AO Joseph Swartbooi sê die kleuter het na bewering vroegoggend saam met haar ma huis toe gestap toe sy in die mangat val. Haar ma het die insident aangemeld en ‘n soektog is na die kind geloods.

Die polisie se provinsiale duikeenheid en misdaadtoneeldeskudiges het sedert die oggend 06:00 na die tweejarige gesoek. Haar liggaam is na ure gevind en na die oppervlak gebring. Sy is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.

‘n Geregtelike doodsondersoek is by die Goodwood-polisiestasie geregistreer.

Laurette Johnson het op Daily Voice se beriggewing in kommentaar gesê: “I’m an adult and almost fell into one in broad daylight and I don’t drink so don’t judge the mom……I step onto it and the lid flipped open thank God I could balance myself on the pavement next to the highway just imagine I had to fall into it it’s so deep 😭😭😭 condolences to the mom and family I’m still traumatized don’t walk near these drains you don’t know how secure it is cos the druggies is using it to hide their stuff in and don’t close it some even sleep in it at night so I can picture her walking next to her mom and she might have been on the side of the drain stepped on it and open goes the lid and she fell into it that’s how I see it cos it happened to me.”

Bron: SAPD en Daily Voice

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel