Vlugtende man verdrink wat glo aangerand word

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man wat glo deur vier verdagtes agtervolg en aangerand is, het Sondagoggend in Ogunjini verdrink.

Reaction Unit South Africa sê ‘n inwoner het omstreeks 09:32 die voorval aangemeld.

Met reaksiebeamptes en paramedici se aankoms op die toneel was lede van die gemeenskap besig om na die man se liggaam by ‘n uitgrawingsterrein wat deur water opgevul is, te soek. Sy liggaam is kort daarna gevind.

‘n Getuie het die reaksiebeamptes verwittig die oorledene het na bewering van die vier verdagtes gevlug. Hulle het hom glo ingehaal en aangerand. Hy het glo na die uitgrawingsterrein gevlug en probeer om van sy aanvallers te ontvlug deur weg te swem. Die oorledene het egter verdrink, waarop die vier aanvallers glo laat spaander het.

Verdere inligting van die voorval is nie bekend nie.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel