Tiener (16) wat ‘jaar druip’ probeer eie lewe neem

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. ‘n Tienerseun (16) wat volgens ‘n vriend sy skooljaar gedruip het, het glo Woensdagmiddag in ‘n woonstel in Tongaat probeer om sy eie lewe te neem.

Reaction Unit South Africa se hulp is gevra nadat die tiener se vriend hom gevind het waar hy homself probeer hang het.

Reaksiebeamptes het die seun oor sy ouers gevra, waarna hy vertel het hy het saam met sy ouma gewoon. Sy is egter in September oorlede en hy woon sedertdien alleen sodat hy skool toe kan gaan.

Die seun het verder vertel hy gaan naweke na sy werklose ouers waar hulle op ‘n plaas woon.

Hy het nie aan die reaksiebeamptes ‘n rede vir sy selfdoodpoging gegee nie, maar sy vriend het vertel hy het sy rapport gekry en dat hy gedruip het.

Reaksiebeamptes het die seun se oom laat kom. Hy sal die seun vir berading neem.

Bron: Reaction Unit South Africa

Belangrike nommers:

SADAG Mental Health Line
011 234 4837

Suicide Crisis Line
0800 567 567

Stop Gender Violence Helpline 0800 150 150 24 hours

Akeso Crisis Helpline 0861 435 787 24 hours

Love Life 0800 121 900

Department of Social Development Substance Abuse Line 24hr helpline
0800 12 13 14 SMS 32312

University of Cape Town Helpline
0800 24 25 26
24 hours

University of Pretoria Student Careline
0800 747 747
24 hours

Tshwane University of Technology Student Helpline
0800 68 78 88
24 hours

University of Western Cape Student Helpline
0800 22 23 33
24 hours

Discovery Medical Students & Young Doctors Helpline
0800 323 323
24 hours

Dr Reddy’s Help Line
0800 21 22 23

Cipla 24hr Mental Health Helpline
0800 456 789

Pharmadynamics Police &Trauma Line
0800 20 50 26

Adcock Ingram Depression and Anxiety Helpline
0800 70 80 90

ADHD Helpline
0800 55 44 33

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel