NOORD-KAAP. – Drie verdagtes, onderskeidelik 23, 43, en 52 is Donderdag in hegtenis geneem omdat hulle na bewering met infrastruktuur by ‘n hospitaal in Kimberley gepeuter het.
Kol. Cherelle Ehlers sê die polisie was op die toneel by die hospitaal nadat koperkabels en ‘n verdagte voertuig opgemerk is. Die kabels is vermoedelik afkomstig van ‘n nabygeleë substasie wat elektrisiteit aan die fasiliteit voorsien.
Hierna is die ondersoekspan na ‘n huis in Club 2000 waar die drie verdagtes in hegtenis geneem is.
Die polisie het op die voertuig, asook gereedskap wat handsae en moersleutels, wat glo tydens die misdaad gebruik is, beslag gelê.
Die drie verdagtes sal na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



