LIMPOPO. – Na bewering is ‘n driejarige kleutermeisie Dinsdag omstreeks 15:00 in ‘n woonbuurt in Thohoyandou deur ‘n 12-jarige seun verkrag. Lt.genl. Thembi Hadebe het sy skok uitgespreek en sê kinders moet oor die nagevolge van hul aksies geleer word.
Brig. Hlulani Mashaba sê volgens wat gerapporteer is het die slagoffer saam met ander kinders buite die minderjarige verdagte se huis gespeel. By die huis het haar ma glo onraad gemerk en haar na ‘n plaaslike mediese sentrum geneem.
Verkragting is bevestig.
Die polisie is vervolgens ontbied, waarna ‘n saak van verkragting oopgemaak en geregistreer is. Tydens ‘n ondersoek deur die GKS is ontdek die slagoffer is na bewering deur ‘n 12-jarige seun verkrag. Omdat die beweerde verdagte ‘n minderjarige kind is, is ‘n proefbeampte vir die nodige intervensie gekontak.
“There is an increase in the sexualization of children and they fall victim to abuse perpetrated by adults and children themselves. Parents should pay more attention to the children they are raising and always be protective of their future and what they are being exposed to,” sê Hadebe.
Die polisie se ondersoek duur voort.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



