Verdagte in hegtenis vir besit van gesteelde voertuig

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ramaphosa gaan appelleer teen besluit oor Zoeloe-koning

MTHATHA. – ’n Verdagte (35) is gister vir die besit van ’n gesteelde voertuig in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting ontvang oor ’n moontlike gesteelde voertuig by die verdagte se huis. Hulle het ’n wit Nissan NP200 in sy motorhuis gevind wat op Mthatha gesteel is.

Die verdagte is in hegtenis geneem en die voertuig gekonfiskeer.

Die verdagte was vandag in die Tsolo-landdroshof en sal in aanhouding bly.

Bronne: SAPD

Lees ook: Ramaphosa gaan appelleer teen besluit oor Zoeloe-koning