Lees ook: Erkenning van Zoeloe-koning ongeldig verklaar
PRETORIA. – President Cyril Ramaphosa sal aansoek doen om te appelleer teen die Gauteng-hooggeregshof se besluit om sy erkenning van Zoeloe-koning Misuzulu ongeldig te verklaar.
Die hof het Maandag beslis Ramaphosa se erkenning van koning Misuzulu was onwettig en ongeldig. Hy is beveel om ’n ondersoekkomitee aan te stel om die dispuut aangaande die troon te ondersoek.
Ramaphosa het gister bevestig koning Misuzulu is steeds op die troon ten spyte van die hof se besluit. Hy het ook gesê die besluit het geen implikasie vir die koning nie.
Bronne: IOL, EWN, The Citizen



