Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek uitgestel
MAHIKENG. – Die staat sal na verwagting nog aanklagtes teen Agnes Setshwantsho bring. Dit volg na sers. Keshi Mabunda gister getuig het Setshwantho se seun se doodsoorsaak is na moord verander.
Mabunda het getuig Setshwantsho is die laaste persoon wat saam met haar seun gesien is. Sy het glo vir hulle hamburgers op pad na Kaapstad gekoop. Haar seun was vir R6 miljoen verseker en sy was die begunstigde.
Setshwantsho se man en dogters is ook onder vreemde omstandighede oorlede. Daar was versekering op ten minste 40 van haar familielede uitgeneem met haar as begunstigde.
Haar borgaansoek is tot 20 Desemberuitgestel.
Bronne: IOL, The Africa, TimesLIVE



