Erkenning van Zoeloe-koning ongeldig verklaar

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Zoeloe-koning ontken gerugte oor vergiftiging

PRETORIA. – Die Gautengse hooggeregshof het gister gesê president Cyril Ramaphosa se erkenning van Misuzulu kaZwelithini as Zoeloe-koning is ongeldig.

Regter Norman Davis het gesê die saak was nie oor wie moet die koning wees nie, maar oor of Ramaphosa in terme van die wet reg opgetree het. Die regter het bevind Ramaphosa het nie die tradisionele en Khoi-San-leierskapswet gevolg nie en daarom is sy erkenning ongeldig en sal tersyde gestel word.

Die hofsaak is begin deur prins Simakade Zulu. Simakade is die eerste seun van die ontslape koning Goodwill.

Misuzulu is reeds deur ‘n ander hof as die wettige erfgenaam van die troon verklaar is. Dit is onduidelik wat nou sal gebeur.

Bronne: IOL, SABC, eNCA

Lees ook: Zoeloe-koning ontken gerugte oor vergiftiging