Zoeloe-koning ontken gerugte oor vergiftiging

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Zoeloe-koning Misuzulu kaZwelithini het gerugte dat hy vergiftig is ontken en het in ‘n video gesê hy verkeer “in goeie gesondheid”.

Dit volg na Mangosuthu Buthelezi, die tradisionele eerste minister vir die Zoeloe-koninggesin, gesê het die koning is in eSwatini in die hospitaal vir behandeling na ‘n moontlike vergiftiging. Buthelezi het gesê die koning se senior indoena is ook skielik oorlede na hy moontlik vergiftig is.

Die koning het in ’n video wat hy met die media gedeel het, gesê hy het besluit om sy gewone mediese ondersoek in eSwatini te ondergegaan. Hy het ook gesê hy is glad nie vergiftig nie en mense moenie luister na alles wat gesê word nie.

Bronne: Nehanda Radio, News24, Wion News

Lees ook: Zoeloe-koning in hospitaal na moontlike vergiftiging