Lees ook: Israel val Hamas in Jabalia-vlugtelingkamp aan
GAZA. – Die dodetal in die oorlog tussen Israel en Hamas het nou tot 18 200 gestyg. Die dodetal in Israel was 1 200 pas na Hamas se aanval op 7 Oktober.
Israel het gesê hulle veldtog om Hamas uit te roei, is besig om vrugte af te werp en die groep is op die rand van ontbinding. Hulle het gesê hulle weermag is besig om die laaste Hamas-skuilings oor te neem.
Hamas het gedreig om gyselaars dood te maak as Israel nie hulle gevangenes vrylaat nie. Dit volg na ‘n skietstilstand die maand gehandhaaf is om gyselaars uit te ruil.
Bronne: Gulf Today, The Guardian, Times Now



