Lees ook: Israel op spoor van Hamas-hoof
GAZA. – Israel het vandag bekendgemaak Hamas skuil in die Jabalia-vlugtelingkamp in die noorde van Gaza. Dit volg na die Israeliese weermag die kamp aangeval het en meer as 100 mense glo gedood is.
Die weermag het gesê daar is tonnels, asook wapens, in die kamp gevind.
Die Israeliese weermag beplan glo om soutwater in die tonnels te laat inloop om Hamas uit te dwing.
Die dodetal in Gaza staan al op meer as 16 000 en in Israel staan dit op 1 200 na Hamas se aanval op 7 Oktober.
Bronne: Hans India, IOL, Mail Online
Lees ook: Israel op spoor van Hamas-hoof



