Israel op spoor van Hamas-hoof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dodetal in Israel-Gaza-oorlog styg

GAZA. – Die Israeliese weermag is op die spoor van die Hamas-hoof, Yahya Sinwar. Volgens die weermag is hy ondergronds, maar daar is nie gesê waar hulle dink hy hom bevind nie.

Volgens die weermag is dit hulle werk om Sinwar te kry en dood te maak. Sinwar het glo die aanval op 7 Oktober beplan, maar is sedertdien nie weer in die openbaar gesien nie.

Israel glo verskeie Hamas-leiers en vegters skuil in tonnels onder Gaza.

Bronne: The Telegraph, The Week, Weekend Australian

Lees ook: Dodetal in Israel-Gaza-oorlog styg