Lees ook: Israel-Hamas-oorlog na skietstilstand voortgesit
GAZA. – Die dodetal in die oorlog tussen Hamas en Israel het tot 16 248 gestyg. Die Palestynse regering het gesê die slagoffers sluit 7 112 kinders en 4 885 vrouens in. Sowat 43 616 mense is beseer en 7 600 word vermis.
Die dodetal in Israel staan op 1 200. Hamas het Israel op 7 Oktober aangeval en Israel het daarna tot aksie oorgegaan om Hamas uit te roei.
Hulle het Gaza-burgers weereens aangemoedig om die stede te ontruim en te vlug. Israel het Hamas blameer vir die dood van gewone burgers omdat hulle glo in tonnels onder die stede bedrywig is. Hamas het die aantygings ontken.
Bronne: Anadolu Ajansi, IOL, Reuters



