Lees ook: Israel en Hamas verleng skietstilstand vir nog ‘n dag
GAZA. –Die skietstilstand tussen Israel en Hamas het Vrydagoggend amptelik tot ’n einde gekom en die oorlog is hervat.
Hamas het gesê 109 mense is dood sedert die skietstilstand geëindig het. Israel het gesê Hamas het die skietstilstand oortree deur nie al die ontvoerde vrouens vry te laat nie.
Israel het ook gesê Hamas het vroeg die oggend al vuurpyle op Israel geskiet en het so die skietstilstand verbreek.
Bronne: The Guardian, Daily Mail, News-Press NOW
Lees ook: Israel en Hamas verleng skietstilstand vir nog ‘n dag



