Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het gister die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering sonder wysigings aanvaar.
President Cyril Ramaphosa moet nou die wet onderteken of terugstuur na die parlement toe.
Terwyl die president sê moenie paniekbevange wees nie, is daar die vraag of die wet gehalte gesondheidsorg sal meebring en of dit die einde aan mediese fondse soos ons dit ken, sal beteken.
Art. 33 van die wetsontwerp verklaar mediese skemas kan alleenlik komplimentêre dekking bied wat nie deur die NGV gedek word nie. Daar word gevoel voorstelle deur deskundiges in gesondheidsorg behoort van uiterste belang in die oorweging van hierdie besluitnemingsproses te wees.
Dennis Ryder van die DA het in sy voorlegging gesê die doel van die NGV moenie wees om standaarde van uitstaande gehalte wat tans in die privaatsektor heers af te breek om by die staatsektor se swak standaarde aan te pas nie.
Mediese fondse kos ‘n astronomiese bedrag en daar is miljoene Suid-Afrikaners wat dit nie kan bekostig nie. Hoe voel jy as ‘n leser van FiND iT gaan hierdie wet jou positief of negatief beïnvloed? Dink jy klagtes van swak gesondheidsorg sal dan meer raak?
Bronne: Newzroom Afrika, Times Live, Facebook en Bussiness Tech
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



