Lees ook: Leerder (14) skiet klasmaat dood, pleeg selfdood
LAS VEGAS. – ‘n Voormalige professor het gisteroggend glo drie studente by die Las Vegas-kampus van die Nevada-universiteit doodgeskiet. Nog ‘n slagoffer is beseer, maar stabiel in die hospitaal.
Die verdagte is dood na ‘n skietgeveg met die polisie. Volgens die polisie het die verdagte voorheen in Georgia en North Carolina klas gegee.
Plaaslike media het gesê hy het onlangs aansoek gedoen vir werk by die universiteit.
Die rede vir die skietery is onbekend.
Bronne: BBC, CNN, AP News



